Die Geloof


Die eerste wat ek u, wat hierdie woorde gaan lees, wil vra, “Is u n’ Christen?” Om Christen te wees beteken om soos Christus te wees. Doen u die dinge in u lewe soos Christus dit in sy lewenstyd gedoen het? Hy het rondgegaan en goeie dade gedoen en almal genees wat deur die duiwel besete was.

Wat is u doel en dryfveer in die lewe? Dit is baie belangrik dat u motiewe reg is of die dinge wat u nou doen, al kom dit hoe goed voor, sal verkeerd wees. Is u doel om n’ huis te besit, miskien n’ moter en n’ bankrekening" of is u doel om n’ eie besigheid te hê, gesag, roem of mag in die wereld? My vriend, dit is n baie swak uitkyk. As u die rykste, die mees bekende en die magtigste man in die wereld sou wees, sou dit net ydelheid en ergenis vir u gees wees. Koning Salamo, in die Bybel, het al hierdie dinge besit en dit nogtans ydelhede genoem.

Die enigste werklike rykdom is om in die guns van God te wees. Om tot die hoogste mate opgelei te wees, wat betref al die dinge van die wereld, is niks, want alles in die wereld sal binnekort vergaan en daar sal geen herinnering van enige iets wees nie.

As ons praat daarvan om vir die toekoms voorteberei, waar lê die toekoms? Is dit nie met God nie? Hy hou die hart van die koning in Sy hand en lei dit, soos waterstrome, waarheen hy wil. Hy skep die goeie en die slegte en het sy weg in albei" aldus die Skrif.

Daar is geen toekoms in hierdie wereld of in die hiernamaals sonder God nie. Op n keer het ek met n’ man gepraat oor sy toekoms. Hy was van plan om God te dien sodra hy sy huis klaar afbetaal het, maar op pad om die laaste paaiement te betaal het een van sy kinders in die dam, agter die huis, verdrink. Dit sou die man meer gebaat het as hy van die begin af aan alles aan God oorgegee het.

n’ Man het een aand ons kerkdiens bygewoon en, terwyl die gees van God siele geroep het tot belydenis, is aan hom ook die geleentheid gebied om verlossing te ontvang. Hy het dit geweier. Die volgende dag het ek by die begrafnis-ondernemer sy lyk in n’ kis aanskou. Die dood het gou ingetree nadat hy God verwerp het. Hy was nie vir die toekoms voorberei nie.

Gedurende n’ ander diens het ek aan twee mans verlossing aangebied en ook hulle het geweier. Kort daarna is albei oorlede. Dit sou baie tyd in beslag neem om al die dinge te verhaal wat in my eie bediening plaasgevind het. Dit bewys dat daar geen toekoms sonder God is nie.

Daar is geen vrede vir die goddelose nie, sê die Bybel. Daar is n’ vreeslike geluid in die ore van die rykes wat nooit ophou nie. Om gedurig gepla te word met die vrees dat ons ons geliefdes sal verloor" siekte, kranksinningheid en struikelblokke langs die lewenspad sal hê, is n’ powere manier van lewe. Om te worstel teen bankrotskap of verlies van ons besittings, waarvoor ons so hard gewerk het, en om ons medemens op oneerbare wyse te behandel, dit is geen lewe nie. n Skeinheilige lewe, waar ons onself daagliks deur intelektuele redenering probeer oortuig van n’ geloof en hoop wat nie werklik diep in ons harte is nie, is dit lewe?

Die beste rede om ons medemens te dien moet die wees van integritei pligsgetrouheid en n’ gevoel van verantwoordelikheid as die wagter van ons broer. Elkeen van ons is op een of ander wyse afhanklik van ons medemens. God het dit so bepaal" daarom is oms ons broer se wagter. Kain het Abel om die lewe gebring en geweier om sy broer se wagter te wees, omdat hy selfsugtig was. God sal ons daarvolgens beloon. Hy wat op oneerlike wyse ryk word, sal dit in die helfte van sy dae moet agterlaat en sal aan die einde soos n’ dwaas wees" so sê die Skrif.

Moenie kyk na die mooi huise, klere en moters van ander mense nie. Moet nie net dink aan prestasie, roem en posisie in die lewe nie maar dink aan die kranksinnige inrigtings, die TB sanatoria, hospitale, en die daaglikse berigte in koerante en die gehuil van sirenes in ons stede. Al hierdie dinge, gepaard met vrees en teleurstelling, sê vir my dat dit nie alles in die lewe kan wees nie. Daar is n’ hoër lewenspeil waarin n’ atmosfeer van blydskap, vrede en geregtigheid heers. Om God te dien bring ons in die atmosfeer.

Dieselfde smeekstem wat geroep het deur al die eeue, roep nog steeds na u en my. Die stem van God wat ons roep kom deur die bediening en die kinders van God, en pleit met die mens sedert die begin van die wereld.

Hierdie stem van Christus het homself deur vorige geslagte verhef. Dit het gepleit in Noag se tyd, voor die sondvloed. Dit het gepleit in die tyd van Christus voor die rampe Jerusalem getref het. Uit die verlede kom die sagte eggos van die woorde van daardie eensame Galileër wat vir u en my n’ lewe van smart gelei het. Dieselfde stem pleit vandag nog in n’ wereld van sosialisme. My vriend, ek vra u: “waarom luister ons nie na die stem wat ons roep tot bekering" om weg te draai van ons sosiale lewe en ons te voeg by die nederige.”

Die laaste geslag, het Christus gesê, sal hoogmoedig, voortvarend, en eiewillig wees" en sal helself meer liefhê as God. Paulus het gesê dat die einde van die wereld hierdie mense sal oorval. Baie van u met wie ek praat het alreeds u gewetes met n warm yster verskroei en voel nie meer nie omdat u uself aan die duiwel oorgegee het en allerlei ongoddelike dade doen.

Aangesien alles vernietig sal word en die wereld in vlamme sal opgaan het Petrus gevra: Hoe moet ons nie in heilige wandel wees nie, ons wat haas na die dag van God se koms?

Dielelfde Petrus, wat die sleutels van die Koninkryk ontvang het, het op die dag van Pinkster, toe die eerste kerk gestig is, die deur vir alle geslagte oopgemaak. Drieduisend het onmiddelik binnegetree.

Hoeveel van die twee en n’ halwe of drie biljoen mense op ons aarde sal ag op die woorde van die groot leier wanneer die stem van Christus deur sy lippe kom, roepende na alle geslagte.

Die uitroep is om tot bekering te kom, om gedoop te word in die naam van Jesus Christus, vir die vergifnis van sondes sodat u die gawe van die Heilige Gees mag ontvang. Dit is vir u en u kinders en nog soveel, wat die Here onse God sal roep.

Die Bybel sê dat die mense daagliks volhard in die leer van die Apostels. Onthou, daar is geen ander weg nie.

Uit genade, deur geloof, is u gered" nie deur werke nie, sodat niemand daarmee kan roem nie" dit is die gawe van God. Hulle het die Woord, wat Petrus gepreek het, gehoor en dit geglo. Die Woord, soos Petrus dit gepreek het, is openbaar deur hulle geloof en gehoorsaamheid aan die Word van God. Hulle het onmiddelik die doop van die Heilige Gees, God se Gees van eewige lewe, die redding en krag van opstanding ontvang.

Die belofte van God aan Abraham, deur Christus, is vervul met Pinkster toe Petrus gesê het: dit is die belofte aan almal wat die Here onse God sal roep.

Ons word vermaan om ons roeping en verkiesing vas te maak. Hoe kan ons weet dat ons uitverkore is volgens die voorkennis van God? I Petrus 1:2, vertel dat ons verkies word volgens die voorkennis van God, deur die Heiligmaking van die Gees, tot gehoorsaamheid en besprenkeling met die bloed van Jesus Christus.

God het ons alles geskenk wat tot lewe en Godsvrug dien en geroep tot heerlikheid en deug. Hy het ons die grootste en dierbaarste belofte geskenk, sodat ons deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat ons ontvlug het van die verdorwenheid wat, deur begeerlikheid, in die wereld is.

Die vyfde vers vertel ons om ons te beywer om by ons geloof te voeg" deug, en by deug, kennis" en by kennis, matigheid" en by matigheid, geduld" en by geduld, vroomheid" en by vroomheid, naasteliefde" en by naasteliefde, liefde. As u al hierdie dinge het sal u nie ledig of onvrugbaar wees nie. Hulle, by wie hierdie dinge nie aanwesig is nie is blind en kortsigtig en het van die reiniging van hulle sondes vergeet.

Liefde is verdraagsaam en vriendelik" is nie jaloers nie" praat nie groot nie" is nie opgeblase nie" is nie onwelvoeglik nie" soek nie sy eie belang nie" word nie gou kwaad nie" dink geen slegte gedagtes nie" is nie verheug oor ongeregtigheid nie, moor verheug oor die die waarheid" glo alles, hoop alles en verdra alles.

Christus sê, n’ Christen word herken aan die vrugte wat hy dra. Ons weet dat ons uit die dood teruggekom het na die lewe omdat ons ons naaste lief het. God is liefde. Hy wat in die liefde bly, bly in God.

Die vrug van die gees is liefde, vreugde, vrede, lankmoedigheid, sagmoedigheid, goedheid, geloof, selfbeheersing" teen sulke dinge is geen wet nie. As u lewe hierdie dinge bewys is u een van die uitverkorenes.

Weet u nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal erwe nie? Moenie mislei word nie" geen hoereerders, afgodedienaars, egbrekers, sodomiete, wellustelinge, diewe, gierhaards, kwaadsprekers of afpersers sal die koninkryk van God erf nie. Moet mekaar nie bedrieg nie, sê Paulus.

Verkondig die woord! Hou aan, tydig en ontydig, weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering. Die tyd sal kom wanneer hulle die gesonde lering nie sal verdra nie, maar, begeerlik om in hulle eie gehoor gestreel te word, sal hulle menige leraars versamel en hulle ore wegdraai van die waarheid, en hulle na fabels wend.

Enigeen wat anders leer as dit, of nie leer volgens die leerstelling van Goddelikheid nie, is trots, weet niks en beywer hom met vrae waaruit twis en euwel gedagtes voortkom. Daar is niemand wat goed doen nie, nee, geen een. Soos skape het hulle afgewyk, en elkeen gaan sy eie weg. God het ons ongeregtigheid op Hom laat neerkom. Hy is gepeinig vir ons ongeregtigheid" die straf van ons vrede was op Hom. Ons praat oor die geloof wat eens aan die Heiliges verkondig is" glo aan die Here Jesus Christus en wees gered. Mag God u seen, is my gebed.

Deur Rev. George Leon Pike Sr.

Founder and first President of Jesus Christ’s Eternal Kingdom of Abundant Life, Inc.

Heilig Voor Die Here

This message is published for free distribution. For more copies, write, in English if possible, to the address below, stating how many you can wisely use.

AFR9915T • AFRIKAANS • THE FAITH