God Se Genesende Woord


Aan almal wat nog nooit God se oorvloedige lewe ondervind het nie. Die boodskap is om te weet dat God die Gees van die lewe is. In Hom is daar geen dood nie. Satan is die gees van die dood, en in hom is daar geen lewe nie. God het die wereldlike lewe geges en almal wat in hierdie wereld gebore is, is deelnemers daaraan. Ons asem en geniet die kosbare asem van die lewe. O, hoe mooi kan die lewe wees vir die wat nie teenstrydige gedagtes van twyfel en neerslagtigheid het nie. Hoe aangenaam is dit nie om net langs die strate te stap of op n pad te ry en die mooi velde en blomme te sien" alles lewend en baie lewendig met hulle geure en persoonlike strewe, geskenk aan hulle deur die hand van God" om gesondheid te he, vloeiend deur u liggaam met geen teenstrydige gedagtes van twyfel teenwoordig nie, met geen gedagtes van kwelling, geen gevoel van siekte wat deur u liggaam beweeg nie" u gedagtes wat jaag deur u gees, bring groot vreugde.

Waarlik, dit is goed gestel deur die skrywer, dat ons met vreugde water sal skep uit die fonteine van heil. Om Sy poorte in te gaan met lof en Sy voorhowe met lofgesang. Die Bybel vertel ons, Hy wat ñ vrolike hart het, het ñ gedurige fees" en ñ vrolike hart werk soos medisyne maar ñ verslae hart laat die gebeente uitdroog. Die skrywer vertel ons: droefheid werk die dood. Enigeen kan duidelik sien waarom die Bybel ons leer dat om God te dien, vreugde is" vrede en geregtigheid in die Heilige Gees. Daarom is dit dat, geloof in Sy geskrewe beloftes, in Sy onwrikbare, nimmer weifelende Woord wat vir ewig en ewig is en nooit verander nie, ewige lewe bring.

Dit is woorde van besieling en lewe, beloftes van hoop en tere vergewing om, wie ook al wil, te kom. Hulle is beloftes van genesing vir almal. Laat dit vir julle wees volgens julle geloof, met geen betrekking van die persoon nie, maar eerbiedig alle mense as die skepping van God, besluit ons ons eie toekoms.

Hoe kan ‘n mens ‘n volkome lewe geniet? Daar is net een weg. God het ons nie ‘n gees van vrees gegee nie. Ons is nie met vrees gebore nie, maar dit is ‘n duiwelse gees wat in ons gees kom deur die kanaal van ongeloof in die Woord van God en Sy beloftes wat ons geskep het en ons in die lewe bewaar.

Jesus het gesê" laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie. Dit word aan ons oorgelaat om die negatiewe sy van die lewe te gebruik om ‘n positiewe geloof in God se skeppende Woord te ontwikkel. Net soos ons verstand geloof het wat saamgestel word deur ons gedagtes so het die gees van Christus die geloof wat eenmaal aan die Heiliges oorgelewer is, want God het hulle die kennis van Christus gegee. Ons moet worstel vir die geloof van Jesus Christus. Paulus het gesê" ons het die gees van Christus, maar ons moet dit vryheid gee. Deur die kennis wat in ons gees en hart is, verlos God alles wat Hy in Sy mag het, deur die gees in liggaam, soos verlossing, genesing ens.

Die Koninkryk van God is binne in ons, so ook is die genesing in ons, net soos ons verlossing.

Paulus het gesê" ons is die liggaam van Christus. Baie is aan die slaap want hulle kan dit nie onderskei nie. Jesus het ons siek gefolterde liggame oorgeneem deur die dood aan die kruis sodat ons Sy liggaam, wat heeltemaal vry is van sonde en siekte, Kan oorneem. U doen dit deur geloof in die dood van Christus en die gewaarwording dat Hy u plek in die dood oorgeneem het sodat u Sy liggaam in die lewe kan word. As u, deur geloof, kan glo dat Hy met u plekke verruil het, is u dadelik genees. Onthou altyd dat u liggaam, wat onder die vloek van die wet van God se veroordeling van Moses was, vasgespyker was aan die kruis en noudat u die liggaam van Christus is, is u vry van die vloek, deur u geloof in Christus.

God se verdrag en al Sy beloftes is aan Jesus Christus toegese. Ons ontvang hulle deur geloof in Christus. Deur te glo dat ons die liggaam van Christus is, word die beloftes ons eie. Onthou, ons geloof is geestelike denke wat ons met God se Woord saam snoer. God se Woord is die sin van Christus. Goloof kom deur die aanhoor van die Woord. Christus se geloof is ‘n diepe oortuiging in ons hart en gees. Om intelektueel te glo dat ons gered en genees is, beteken net dat ons bedrieg en verlore is. Dit moet ‘n oortuiging van die hart of gees wees. Met die hart glo ons tot geregtigheid, en soos ‘n mens dink in sy hart, so is hy. Jesus het gese as julle in julle harte kan glo en nie twyfel nie, kan julle alles vra en dit verkry. Die hart sal nie opreg glo nie tensy dit oortuig word deur u opregte toegewydheid en opregte pogings tot God nie. Daarom is dit dat geloof, sonder die dryfveer van werke, dood is. Werke hernu u vertroue in God se genade aan u.

Wanneer die vyf sintuie van u liggaam (sien, smaak, hoor, reuk en gevoel) dood is deur vas en oorgawe, is Christus se geloof in u vry van geestelike onderwerping. Satan het geen weg om te werk (as hy deur u verwerp is), behalwe deur u vyf sintuie, om u geloof te verander nie. Noudat ons dit verstaan laat ons, ons geloof opbou deur te luister na die Woord van Sy beloftes aan ons.

My God sal al julle behoeftes vervul volgens Sy rykdom en heerlikheid. Onthou, of dit liggaamlik, finansieel of geestelik is, Hy sal dit alles verskaf. Ek is die God wat jou ongeregtigheid vergewe en al jou krankhede genees. Let wel, hy het gesê, almal! Ek sal siektes onder julle verwyder (verban dit uit u gees).

God is lewe, en al die eienskappe van lewe soos genesing, verlossing vreugde, vrede en voorspoed wat behoort aan die gees van lewe en die liggaam van Christus, waarvan u die liggaam is. Jesus het gesê" Ek het gekom sodat julle lewe kan hê. Om so te dink is die gees en geloof van Christus waardeur deug vrylik vloei. Sal Hy nie, met Christus, ons alles vrylik skenk nie, vra Paulus.

Die gees van Satan is die dood, God se vyand. Die Heilige Skrif vertel ons: die dood kom deur die mens. Die eienskappe van die dood is vrees, leed, verdriet, bekommernis, armoede en siekte. Hulle is almal vyande van God. Christus het teen al hierdie dinge gekom" pes, tering, koors, ontsteking, brand, swere, swelling, uitslag, blindheid, pyn in die knie en bene, en elke siekte wat nie geskryf is in die boek van die wet nie" daarom is u verlos. Hulle was almal onder die vloek van die wet. Julle is onder genade. Christus het vir ons die vloek oorgeneem. Hy het ons losgekoop deur sy liggaam aan die hout.

Elke siekte bekend deur die wereld, was deur sonde veroorsaak. Daardie sonde was ongeloof in God se Woord. Eva het hierdie sonde gepleeg. Alles wat nie uit geloof is nie, is sonde. Adam het deur ongeloof, alle mense onder die vloek gebring. Christus het alle mense van die vloek verlos, deur geloof. Deur Adam sterf almal ... Deur Christus word almal lewendig.

Hy het Sy Woord (Jesus) gestuur en hulle gesond gemask. Geloof in Sy Woord maak die Woord lewendig. Ons word die Woord, ‘n brief, geken en gelees deur alle mense. Die Woord van God het vlees geword. Ons is een met die Woord soos die liggaam van Christus. Daar is geen krankheid in God nie. Deur Sy woorde word julle genees.

U is deelgenote van Christus se goddelike natuur: Hulle het Satan oorwin met die woorde van hulle getuienis en die bloed van die Lam, die werk van Golgota. En bely in woord en daad, dit wat Hy vir hulle gedoen het. Steun nie op u eie insig nie, vertrou op die Here (die Woord), met u hele hart.

Ons moet elke gedagte gevange neem vir Christus, en verbeelding, vrees en twyfel verwerp en daardeur die sinlike gedagtes, wat die vyand van God is, vernietig. God sal die verbond wat oor sy lippe gegaan het nie verander nie. Hy sal waak oor Sy Woord om dit te volbring.

As u deur Sy wonde genees is, en Hy ontsien geen persoon nie, en ons moet die dinge noem wat nie is nie, asof hulle is (nie te lewe met n visioen nie – die regverdige sal uit geloof lewe)" dan het u geloof u gered.

God vertel in Sy Woord" Ek wens bowe alles, dat jy voorspoedig is en gesond is net soos dit met jou siel voorspoedig gaan. Jou gesondheid se voorspoed word regeer deur jou siel se voorspoed. Dit is die Here jou God wat jou krag gee om rykdom te verwerf. U moet die rykdom wat u hier het aan God se diens gee sodat u ewige rykdom kan verkry.

Glo, (onthou, ‘n standvastigheid van die hart) dat u siekte werklik weg is. Dit mag nooit ‘n enkele keer verswak nie. U kan u verbeel en siek bly en verdoem word, maar as u werklik glo, sal dit u liggaam beheers en dit dwing tot werke van geregtigheid en dade van geloof.

God begewe of verdaat ons nooit nie. God faal nooit nie. Ons verlaat Hom deur ongeloof. “Vra in geloof, wyfel nooit,” het Jesus gesê. Johannes het gesê" “Dit is ons vertroue in Hom" wat ons in Sy naam vra dit ontvang ons”. As ons hart ons nie veroordeel nie dan het ons vertroue in God. Paulus het gesê, “Ek strewe altyd daarna om ‘n rein gewete te hê, sonder aanstoot teenoor God en mens”. Elkeen wat vra sal ontvang" sê die Skrif. As julle iets in My naam vra, sal ek dit doen. Prys die Vader in die hemel, het Jesus gesê. Vra, dat julle blydskap volkome mag wees. Hy het, aam die hout, ons krankhede en smarte in Sy liggaam gedra, en deur Sy wonde is julle genees. Jesus het gesê" Dit is volbring. Hy het hulle in Sy liggaam vir u gedra, waarom sal u dit weer dra terwille van Satan se leuens.

Onthou, geloof is die vorm van oorgawe van u gedagtes en wil aan Hom. Om Sy Woord te glo is om u eie gedagtes en mismoedige gevoelens te ontken. Om positiewe gedagtes van sy beloftes te hê, sal negatiewe gedagtes van ondergang uitwis en geluk, gesondheid en voorspoed na u bring. As u ophou glo, sal die werking ophou. Waak altyd oor u gedagtes en gevoelens. Laat julle dan verander deur die vernuwing van julle gemoed. Wek u reine gedagtes op (gedagtes van Christus), en bewys dit wat die goeie en aanvaarbare will van God is. Hy is die hoë priester, geraak deur die gevoel van ons swakhede, en bemiddel in u hart vir u, die hoe priester van u belydenis.

Met die hart glo ‘n mens tot geregtigheid terwyl ons met die mond bely tot verlossing. Bely, glo, en ontvang genesing in die naam van Jesus Christus, van al julle swakhede, krankhede en ondergang. God seën u, is my gebed.

Deur Rev. George Leon Pike Sr.

Founder and first President of Jesus Christ’s Eternal Kingdom of Abundant Life, Inc.

Heilig Voor Die Here

This message is published for free distribution. For more copies, write, in English if possible, to the address below, stating how many you can wisely use.

AFR9908T • AFRIKAANS • GOD’S HEALING WORD